Saturday, 8 February 2014

Die gewilde Vra vir Faffa-afdeling op Landbou.com het deur die grens van 7 miljoen besoeke gebars

Die gewildheid van die Vra vir Faffa-afdeling op Landbou.com is pas benadruk toe meer as 7 miljoen besoeke aan dié indeksblad aangeteken is.
Dit is ’n groot prestasie vir Landbouweekblad én vir dr. Faffa Malan, wat dié vraag-en-antwoord-afdeling sedert Januarie 2005 vir Landbou.com behartig. Malan is ’n bekende veearts en geniet hoë aansien onder boere en in die veebedryf. Die Landbouskrywers SA het hom in 2008 aangewys as die nasionale Landboukundige van die Jaar.
Malan is die skepper van die Famacha-stelsel, wat internasionaal erkenning geniet as dié metode om vas te stel of skape inwendige parasiete het. Dié stelsel is ontwikkel met die samewerking van die bekende veeartse prof. Gareth Bath en dr. Jan van Wyk.
Volgens Malan is die Vra vir Faffa-indeks van artikels die omvattendste bron van inligting oor vee- en dieresiektes in Suid-Afrika. Dit bevat meer as 2 000 artikels – almal geskep uit vrae van boere, en beantwoord deur kundiges.
Van dié inligting is ook in boekformaat beskikbaar. Verskeie boeke is reeds deurLandbouweekblad gepubliseer wat artikels bevat wat in die indeks verskyn het. Dié boeke is deur Malan opgestel.
www.landbou.com/nuus.   #IFAMAFRICA

No comments:

Post a Comment